Tuis

Soek

./images/banners/arbeid.jpg

Program:

  • 8h30 Hekke open-  parkering R10 per voertuig
  • 9h00 Netbal Kleinfontein Kiewiete teen Orania
  • 10h00 Biertent open
  • 10h30 Berede Boogskietvertoning
  • 11h00 Jukskei Orania Vs Kleinfontein
  • 13h00 Potjiekos ete en beoordeling  deur Meyer van Buffelsfontein
  • 14h00 Country lyndaansers
  • 15h30 Rugby Orania Rebelle teen Kleinfontein Krygers -  Afskop fluitjie geblaas deur Kallie Kriel (Afriforum)
  • Musiek deurentyd verskaf deur Pretoria Fm gerugsteun deur musikante
  • 17h00 lekker kuier by die plaaslike Bosrestaurant,  Die Boskombuis

Wat om te bring ?

  • ‘n Kampstoel, Eetgerei, sonsambreel of sonbrandolie
  • R100 vir die heerlikste potjiekos wat insluit stamp of rys, brood en tuisgemaakte konfyt.
  • Al jou spaargeld vir plaaslike stalletjies en versnapperinge  

Koop jou Potjiekoskaartjie aanlyn

\POTJIELINK

Hierdie mooi tradisie tussen die sustersdorpe Orania en Kleinfontein is in sy 5 de jaar en is op toepaslike wyse bo-op Majubaberg in die lewe geroep.

Kom ondersteun Orania, om ondersteun Kleinfontein, Kom en geniet Afrikaner wees

Vanaf Vrydag 16 Maart 2018 staan Kleinfontein bekend as Kleinfontein Aandeleblok (Eiendoms) Beperk.

Dit volg nadat die firma Hurter en Spies  oor 'n periode van 9 maande die proses bestuur het om Kleinfontein van 'n Kooperasie na 'n Aandeleblok oor te skakel.

Majuba 2018 'n groot sukses

Die jaarlikse Majuba kultuurfees  aangebeid deur die verkennerbeweging was 'n reuse sukses. Kleinfontein was goed verteenwoordig, buiten lede uit die gemeenskap was Kleinfontein ook op Direkteursvlak verteenwoordig deur 4 direkteure.   

Verskeie skole waaronder CVO Pretoria, CVO Gromar, CVO Majuba, CVO Orania en staatsskole soos Tygerpoort en Skuilkrans het ook die geleentheid meegemaak.

 

20180310 163029 Medium Medium
Die gewilde boskroeg Boskombuis het die afgelope naweek Kleinfontein die stryd aangese op die Krieketveld. Die byeenkoms is goed bygewoon en die sanger Werner het tussendeur musiek gemaak.
Die vriendskaplike byeenkoms was nie net pret nie maar het ook gedien as 'n fondsinsamelingsprojek vir Kleinfontein bestuur deur die organisasie Vriende Van Kleinfontein. Bykans R2000  is by die dag bymekaargemaak wat aangewend gaan word om Kleinfontein se eerste tennisbaan te vestig.