Bankwese

Soek

Wie en Wat is KSK Finansiële Koöperatief Beperk (“KSK”)?

KSK is geregistreer as ‘n Koöperatiewe Finansiële Instelling by die Suid-Afrikaanse Reserwebank en word gereguleer deur die Reserwebank se Voorsorgeenheid, wat alle banke reguleer.

Die Koöperasie is ook in terme van al die wetlike vereistes geregistreer by Registrateur van Koöperasies en die Nasionale Krediet Reguleerder.

In terme van die Koöperasiewet moet ’n persoon lid wees van die Koöperasie om sake te doen met die Koöperasie. Voornemende lede moet die minimum van 5 aandele teen ‘n nominale waarde van R100 per aandeel opneem.

Wat is ons Doelstelling:

Die hoofdoelstelling van die Koöperasie is om die finansiële welvaart van sy lede te bevorder en veral om:

  • fondse van sy lede te ontvang deur die uitreiking van aandele en verskillende kort en langtermyn vaste deposito’s
  • die spaarsin van sy lede te bevorder deur voorsiening te maak vir spaarrekeninge waarop ‘n redelike rente betaal word;
  • Lenings aan lede te maak vir voorsienende en produktiewe doeleindes. Veral finansiering van gebruiksreg in die Afrikaner Kultuurdorp, geregistreer as Kleinfontein Aandeleblok (Eiendoms) Beperk.

Vir meer inligting klik op die skakel na KSK se webblad

KBK