Wat is Ons

Soek

Kleinfontein is 'n unieke onge-ewenaarde Afrikaner Kultuurdorp.

Sy huidige regsstatus 16 Maart 2018 is die van 'n Aandeleblokmaatskappy soortgelyk aan Kleinfontein se sustersdorp  Orania.  Nadat Kleinfontein aanvanklik 'n Koöperasie was is daar besluit om oor te gaan na 'n Aandeleblok Maatskappy omdat dit vir aandeelhouers meer eiendomssekerheid bied en nommerpas is vir 'n kultuurdorp soos Kleinfontein . Integraal tot die wet op die beheer van 'n aandeleblok is dat die wet daarvoor voorsiening maak dat elke aandeelhouer se aandeel gekoppel word aan sy erf.

Elke aandeelhouer ontvang ook 'n landmeterskaart opgestel deur 'n geregistreerde landmeter.  Uiteraard is vererfbare gebruiksreg van die belang asook lede se verpligtinge in die kontrak vervat.

Kleinfontein se groei en die verval en onsekerheid van die nuwe Suid-Afrika het meegebring dat daar twee belangrike prosesse die lig gesien het.

Die eerste proses is die van formalisering of andersins bekend as dorpstigting. Die tweede was die omskakel van die Koöperasie na ‘n aandeleblokmaatskappy wat intussen reeds voltooi is.