Verblyfreg (inwoners van Kleinfontein)
Verblyfreg of voormalig bekend as Keuring is 'n proses waardeur elke Kleinfonteiner moet gaan, ongeag of die aansoeker 'n huurder, aandeelhouer of werker is.
Let daarop dat geen eindom gehuur of gekoop mag word voor die voornemende inwoner die verblyfregproses voltooi het nie.
In 'n neutedop behels die proses 'n skriftelike aansoek wat gevolg word deur 'n onderhoud met 'n paneel. Tydens die onderhoud word daar op twee belangrike aspekte gefokus:
- Wat verwag die aansoeker van Kleinfontein?
- Wat verwag Kleinfontein van die aansoeker?
Die eerste stap om verblyfreg is die neem van vingerafdrukke vir 'n agtergrondtoets. Hierdie toets geskied slegs per afspraak en afsprake kan gemaak word deur:
1. 'n Epos te stuur aan verblyfregThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.co.za of die SAPD te kontak
2. Telefonies 'n afspraak te maak op 012 9429544 sou u die Kleinfontein toetssentrum wil kontak.
So gebeur dit dan ook dikwels dat aansoekers wel van mening is dat hulle nommerpas is vir Kleinfontein, maar Kleinfontein deel nie noodwendig dieselde sentiment nie.
Vir navrae skakel gerus die dorpskantoor by 012 940 4354 of per Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Werkreg (nie-inwonende werknemers)
In terme van 'n besluit geneem deur die interim verblyf en werksreg beleidsforum die volgende besluite geneem is.
Tot verdere kennisgewing is die werkreg proses vir nie-inwonende voornemende werkers as volg:
STAP 1.
Skakel of die SAPD of die Verblyfregkantoor in Kleinfontein op 012 9429544 vir die neem van vingerafdrukke.
STAP 2.
'n Brief vanaf die werkgewer of kontrakhouer word vereis met besonderhede van die tydsduur van die aanstelling/kontrak sowel as waar die persoon werksaam sal wees.
Ons glo en vertrou dat bogenoemde proses dit makliker sal maak vir nie-inwonende werkers om hulle dienste te kan lewer in Kleinfontein.