Dagbreek

Soek

Dagbreek is 'n onluikende buurt van Kleinfontein. Deur die jare het verskeie vakmanne en arbeiders hier 'n heenkome kom soek en dan werksaam geraak in hoofsaaklik die boubedryf.

Gou-gou het tydelik permanent geword en daardie woonwa wat eers bedoel was vir 'n luukse vakansie is nou 'n semi permanente woning. Met tyd het van die woonwaens weer plek gemaak vir netjies geboude baksteenhuisies wat bekostigbare verblyf vir enkellopendes en families bied.

Vele weldoener en ook belegger het ook in hierdie besonderse buurt aanklank gevind.  Uit Vlaandere het Ruben 'n twee slaapkamer huis gebou en ook besluit om kinders se skoolfonds te borg.

'n Ander erf bekend as Joe se stomp het 'n klimraam ryker geword tot groot tevredenheid van die kinders.

Helpende hand het vroeg in 2018 hier waar die nood onmiskenbaar is 'n skeepsvraghouer staan gemaak.