Sorgsentrum

Soek

Waar mense in liefde weer mens word vir mekaar – groei die hemel oor die aarde.

Kleinfontein Sorgsentrum vir Bejaardes word deur Volkseie arbeid bedryf. Die sentrum maak voorsiening vir selfversorgende, semi-verswakte en verswakte inwoners. Die totale inwonertal is 26. Daar is gekwalifiseerde susters asook versorgers wat na die bejaardes omsien. Bloedtrek dienste is beskikbaar. ‘n Geneesheer besoek ook die Sentrum.

Drie maaltye asook drie teetye word bedien. Wasgoed versorging is ingesluit.

Die naaste dokter en apteek is op Rayton, ± 9 km vanaf Kleinfontein. Die naaste hospitaal:- Die Wilgers Hospitaal.

 

 

 

 

Ons bied die volgende:

  • Verblyf in ‘n tuiste met ‘n Christelike, veilige en huislike atmosfeer.
  • Privaatheid, maar ook geselskap, vriendskap en groepsaktiwiteite.
  • Ruim dubbelkamers wat uself meubileer en gerieflik en gesellig kan inrig met u eie linne, beddegoed en handdoeke.
  • Opgeleide volkseie susters en verpleegsters om u 24 uur te versorg en na u behoeftes om te sien.
  • Huur van apparate.
  • Drie (3) daaglikse gebalanseerde maaltye.
  • Daagliks 10h00 en 15h00 (3nm): Tee en verversings word bedien en gekuier in die eetsaal.
  • Gaste kan teen ‘n vasgestelde tarief vir ete genooi word, veral op Sondae.
  • Eredienste Sondae in die Kleinfontein Gemeenskapsaal en predikante is woonagtig op die terrein.
  • Skoonmaak van kamers op vasgestelde tye.
  • Water en elekstrisiteit is ingesluit in die tarief.
  • Sekuriteitsdiens met 24 uur toegangsbeheer.
  • Ontspanning: Veilige staproetes, jukskeibaan, swembad, weeklikse oefenprogram in Gemeenskapsaal ens.
  • Versorging van wasgoed.