Sport

Soek

Jukskei

Kleinfontein Jukskei

Kleinfontein het sy eie jukskeiklub en het 24 lede. Die jukskeibaan is wes van die gemeenskapsaal en oefeninge vind Donderdae 14h00 plaas.

 

Swembad

Is die somer weer te warm vir jou? Kry aadverwarming jou onder? Besoek gerus die Kleinfontein swembad. Kontak asseblief vir Sarie Marais om toegang te reël. Die swemgeriewe is ook beskikbaar vir partytjies, braaie of net geemeenskaplike swem dae!

Die Kleinfontein Kiewiete is Kleinfontein se eie netbalspan en dames van 15 af en ouer is welkom om deel te neem. Die hoogtepunt van elke jaar se Netbalkalender is die wedstryd teen die span van Orania. Die wedstryd word om die beurt oor 'n naweek in Kleinfontein en Orania gehou.

Kleinfontein Krygers

Kleinfontein het sy eie Rugbyklub wat op 'n jaarlikse basis teen die Oriania Rugbyspan kragte meet.

Al om die jaar word daaar beurte gemaak om of in Kleinfontein of in Orania te speel.

2017  Kleinfontein Krygers verloor in Orania

2016 Kleinfontein Krygers wen in Kleinfontein

2015 Kleinfontein Krygers verloor  in Orania

2014 Kleinfontein Krygers verloor  in Kleinfontein

Ons veld word goed onderhou, en is oop vir oefeninge, wedrenne en gemeenskapsaktiwiteite.

Kleinfontein se tennis klub is nog in wording. Onlangs is een van Kleinfontein se netbalbane se oppervlak oorgedoen wat nou ook as Tennisbaan gaan dien.

Hou hierdie spasie dop vir verwikkelinge, die doelwit is om teen Winter 2018 'n funksionele tennisbaan op Kleinfontein te he.

Indien u belangstel om deel te wees van die ter stigde klub kontak gerus vir This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. wat die projek lei.