Ons Leef

Soek

Kleinfontein akademie 600

Kleinfontein Akademie  is ‘n Christelike Volkseie onderrig skool. Ons bestaan al bykans vir 21 jaar onafhanklik, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die lig van al die uitdagings wat deur veranderde omstandighede geskep word.

Die skooltjie is geleë in die hartjie van die Kleinfontein Nedersetting en kyk uit oor die vleiland van die Wildpark. Watter skool is nog so bevoorreg om by hul klaskamervenster te kan uitkyk en die rooihartbeeste, blesbokke en sebras daar doer in die veld te sien loop?

 

Die Onderwysers

By die Kleinfontein Akademie handhaaf ons ‘n hoë akademiese standard en daar is streng dissipline vanaf die Kleuters tot en met die Graad 9’s (Std. 7). Die Kleuterklas begin vanaf die ouderdom 3 jaar tot voorskool. Graad 0 word ook aangebied. Ons klasse vanaf Graad 1 tot en met Graad 9 is klein en daarvandaan die maksimum individuele aandag aan elke leerling. Kleinfontein Akademie bied leerprogramme vanaf BCVO aan. Dit behels Bybelgegronde leerplanne met ‘n baie hoë standard.

 

Kleinfontein Akademie Naskool

Kleinfontein Akademie beskik oor ‘n naskool by die skool self onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat ook gedurende hierdie tyd die nodige aandag aan die leerling/ge se naskool werk verleen.

 

Sport

Kleinfontein Akademie bied atletiek in die 1ste kwartaal aan waar die huissport plaaslik gehou word en daarna die atletiek byeenkomste teen ander CVO skole . Deur die verloop van die jaar kry leerlinge ook die nodige oefening om fiks te bly vir die volgende atletiek seisoen.
Atletiek, Rugby, Netbal, landloop, skaak en Redenaars word aangebied.

 

Kostes

Let daarop dat alle skoolgelde  een (1) maand vooruit betaalbaar is.

Inskrywing (Per gesin, eenmalig)

Graad RR-7 R1000.00             Graad 8-9 R1250.00


Skoolfonds
(Per kind, per maand)

Graad RR-7 - R1000.00           Graad 8-9 R1250.00 (‘n Derde kind betaal 50% p/m afhangend van die graad.)


Handboeke
(Per kind, per jaar)

Graad RR-R – R250-00            Graad 1-6 - R650-00 Graad 7-9 R850.00


Naskool
(Per kind, per maand)

Alle grade - R500.00 (Leerlinge moet genoeg kos inpak vir naskool)

Leerlinge wat nie ingeskryf is vir naskool en van tyd tot tyd bywoon word R25-00 per dag gefaktureer.

Alle aansoekvorms is beskikbaar by die skool administrasie kantoor.

Kostes per kind: R1000 per maand
Kostes vir naskool: R500 per maand.

 
Bankbesonderhede 

Absa Rayton

Rekeningnommer: 1500175229

Takkode: 632 005

Bank verwysing: leerder verwysing op rekening (bv. Bianca smit – smi001)

 
Skooldrag

SEUNS EN DOGTERS - GRAAD RR-R

Gewonde klere toepaslik vir elke seisoen.

SEUNS - GR 1-9                                                      DOGTERS - GR 1-9

Ligblou hemp                                                           Ligblou hemp

Grys lang / kortbroek                                               Swart of navy blou kouse

Grys kouse                                                               Vlootblou (Navy) langbroek / romp

Vlootblou (Navy) warm baadjie en trui                     Vlootblou (Navy) warm baadjie en trui

Swart skoolskoene                                                   Swart skoolskoene

 

Sportdrag - gr 1-9 (seuns en dogters)

(Dinsdae en Donderdae)

Rooi golf hemp of t-hemp

Swart sportbroek

Tekkies


Dokumente en inligting

Oorplasingskaart en vorderingsverslae moet ingehandig word met inskrywing.

ID afskrif van elke ouer.

Geboortesetrifikaat afskrif van leerling.

Immunisering sertifikaat afskrif van leerling.

Ouers moet asb self alle medikasie met n brief by die skool inhandig.

Skool ure

Graad R – 3 07h20 – 13h00

Graad 4 – 6 07h20 – 13h30

Graad 7 – 8 07h20 – 14h00

Vrydae tye kan wissel.

Snoepie - Vrydae eerste pouse.

Tennis     -Dinsdae en Donderdae 14h00 – 15h00 (seuns)

               -Maandae en Woensdae 14h00 – 15h00 (dogters)

*Baie belangrik - Ons benodig n riem fotostaatpapier vir elke leerling*

 

Donasies en fondsinsamelings

Talle van Kleinfontein Akademie se kinders kan nie skoolfonds bekostig nie en moet derhalwe geborg word om te kan skoolgaan.

As geregistreerde skool kan Kleinfontein Akademie Donasies ontvang en ook artikel 18a sertifikate uitreik.

Donasies kan direk in ons rekening gemaak word of elektronies deur ons fondsinsamelingsvenoot Vriende van Kleinfontein.

Klik hier om Kleinfontein Akademie te ondersteun en 'n veilige donasie via u kredietkaart te maak.