Tuis

Soek

./images/banners/arbeid.jpg

oraniavskf1

Die jaarlikse sportkragmeting tussen die twee Afrikaner Kultuurdorpe Kleinfontein en Orania vind hierdie jaar op 4 en 5 Oktober in Orania plaas.

Vir navrae kontak gerus die Orania dorpskantoor op 053 207 0063

Vanaf Vrydag 16 Maart 2018 staan Kleinfontein bekend as Kleinfontein Aandeleblok (Eiendoms) Beperk.

Dit volg nadat die firma Hurter en Spies  oor 'n periode van 9 maande die proses bestuur het om Kleinfontein van 'n Kooperasie na 'n Aandeleblok oor te skakel.

Die 2018 Kleinfontein Fees  is verby  en was 'n reuse sukses.

Kleinfontein het die jaar  Die Netbal, Jukskei en Rugby wedstryde gewen.

rugbyaksie2

Rugby Eindtelling 33-27 Vir die Kleinfontein Krygers

Die Netbalbeker  is deur die Kleinfontein Kiewiete in 'n naelbytwedstryd gewen met 21 teenoor 20.

Terwyl Orania goed voorgeloop het het hulle uiteindelik die wedstryd verloor deur te bars.

 

 

Die potjiekoskompetisie is deur die Kakiebos 'n plaaslike restaurant  gewen.

Hierdie mooi tradisie tussen die sustersdorpe Orania en Kleinfontein is in sy 5 de jaar en is op toepaslike wyse bo-op Majubaberg in die lewe geroep.

Die Fees was baie goed bygewoon en hartlike dank word uitgespreek aan al ons borge.

 

20180310 163029 Medium Medium
Die gewilde boskroeg Boskombuis het die afgelope naweek Kleinfontein die stryd aangese op die Krieketveld. Die byeenkoms is goed bygewoon en die sanger Werner het tussendeur musiek gemaak.
Die vriendskaplike byeenkoms was nie net pret nie maar het ook gedien as 'n fondsinsamelingsprojek vir Kleinfontein bestuur deur die organisasie Vriende Van Kleinfontein. Bykans R2000  is by die dag bymekaargemaak wat aangewend gaan word om Kleinfontein se eerste tennisbaan te vestig.