Eiendomme te Koop of te huur

Soek

Da 45

Ref : Dagbreek 45

Address :

Kleinfontein

Financial informations :

Price 495 000 ZAR

Details :

WhatsApp Image 2024 01 05 at 12.55.58 26d3d0c4 Medium

2-Slaapkamer Huis Te Koop vir slegs R495,000 in Kleinfontein net buite Pretoria naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton

Is jy moeg vir die besige lewe in die Stad? Kom koop ‘n eiendom in Kleinfontein wat geleë is net buite Pretoria-Oos en geniet ‘n gesonde leefstyl in ‘n landelike atmosfeer terwyl jy steeds naby genoeg is aan alle geriewe byvoorbeeld Hospitale, Winkelsentrums, Skole ens.
Kleinfontein is geleë bo-op die Magaliesberg met 'n panoramiese uitsig na die Bronberge.
Hierdie Huis bied die volgende: 2-Slaapkamers, 1-Badkamer met ‘n bad, Kombuis-sitkamer oopplan leefarea, omheinde tuin.
Kleinfontein is 'n eksklusiewe, Afrikaner Kultuurdorp en bied die volgende: ‘n Wildpark, Tennisbaan, Rugbyveld, Winkelsentrum, Sorgsentrum en Natuurlike Damme.
Eiendom in Kleinfontein is te koop in die vorm van ‘n Aandeleblokskema. Volgens Wikipedia word ‘n Aandeleblokskema beskryf soos volg: “'n Aandeleblokskema is 'n vorm van eiendomsbesit in Suid-Afrika. In 'n Aandeleblokskema het eienaars sekere gebruikersregte op bepaalde blokke van eiendom in hul besit, terwyl 'n aandeleblokmaatskappy die hele eiendom besit. Die eienaars is aandeelhouers van hierdie aandeleblokmaatskappy en die gebruikersregte op 'n bepaalde deel van die eiendom is verskans in hul aandele.”
Alle voornemende Kopers is onderhewig aan ‘n Verblyf reg-keuringsproses. Besoek gerus Kleinfontein se webwerf vir meer informasie.
Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks, ongeveer 26 km Suid-Oos van Pretoria (naby Boschkop, Donkerhoek en Rayton) op die Historiese Terrein. Kleinfontein is gelukkig om baie natuurlike hulpbronne te hê wat benut kan word bv water, son en wind.
Skakel vir Irene Groenewald, 0832288572 vandag nog vir meer informasie.

Do you want more info? Leave your message

Return to the list