Tuis

Soek

Media verklaring 2 April 2025.
Onredelike belastingverhogings en buitensporige boetes op Kleinfontein deur die stad Tshwane. 

Die Tshwane Metro het onlangs aansienlike belasting verhogings op eiendoms eienaars binne sy jurisdiksie opgelê, insluitend die Kleinfontein Kulturele nedersetting. Benewens hierdie verhogings is Kleinfontein ook verkeerdelik aan 'n boete belasting onderwerp weëns beweerde onbehoorlike grondgebruik registrasie.

Die onlangse voorgestelde roekelose herevaluering van die Kleinfontein gemeenskap se eiendom het gedeeltes met meer as 6 000% laat styg. As in ag geneem word dat die gemeenskap 'n groot bejaarde en hulpbehoewende bevolking het, dui hierdie voorstel daarop dat die Stad Tshwane nie omgee vir sy burgers nie.

Kleinfontein probeer al sedert 2012 die nedersetting by Tshwane regulariseer. Ten spyte van verskeie aansoeke,  vergaderings en pogings tot konstruktiewe gesprek is Kleinfontein se aktiewe aansoek steeds hangend.
Verandering in wetgewing het ook Kleinfontein wesenlik benadeel. Besoeke aan niks minder as (4) Burgemeesters van die stad Tshwane het ook net leë beloftes opgelewer.

Daar is geen regverdiging dat daar teen die inwoners van Kleinfontein gediskrimineer word en dat hulle gepenaliseer moet word vir ‘n owerheid en sy amptenare wat nie behoorlik prosesse volg nie en verantwoordelik is vir om die aansoek te finaliseer nie.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat Kleinfontein geen munisipale dienste van Tshwane ontvang nie. Ons bestuur ons eie water, elektrisiteit, paaie en riool infrastruktuur sonder enige bystand van die Tshwane munisipaliteit of sy voorgangers. Ten spyte hiervan en ook groot finansiële uitgawes van die inwoners probeer Tshwane nou om buitensporige belastings op Kleinfontein op onregverdige en onredelike manier af te dwing.

Die Kleinfontein-gemeenskap kan nie die buitensporige en straf belasting wat deur die Stad Tshwane voorgestel word, aanvaar nie, maar bly oop vir sinvolle dialoog en bepleit regverdige behandeling. Voortgesette vertragings en gebrek aan kommunikasie van die Stad Tshwane sal egter die burgers wat binne Kleinfontein woon, geen ander keuse laat as om regstappe te neem nie.

Terwyl elke persoon en -aandeelhouer van Kleinfontein se regte voorbehou word, is opdrag aan regsverteenwoordiging reeds gegee om voort te gaan met die nodige stappe, sou die Stad Tshwane nie spoedig konstruktief reageer nie.

Navrae: Media @Kleinfontein.net

Media berigte in die Rapport dat Kleinfontein en Tshwane nie met mekaar praat nie, is duidelik vals.

Screenshot 2025 03 19 123101

Kleuterskool

Helpende Hand Ons Plek Kleinfontein bied ń kleuterskool asook ń naskooldiens aan vanaf 13 Januarie 2025.

Ons skoolfooie is bekostigbaar en sluit etes in.

Eenmalige registrasiefooie: 
R150
Maandelikse fooie:
Babas:
R1500
Halfdag Kleuters:
R800
Voldag Kleuters:
R1400
Naskoolsentrum:
R700

Navrae/inskrywings: 0129419282

 

 

Steve Hofmeyer het onlangs sy nuutste liedjie Oranje op Kleinfontein se monumentkoppie kom verfilm. Die Video greep open waar 'n inwoner van Kleinfontein in Afrikanerdrag haar sweep met mening klap. Die kleur oranje het met die protes teen die Bella wetgewing oornag die kleur van keuse geword. Die kleur  simboliseer nie net die Afrikaner se Europese herkoms nie maar ook sy vasberadenheid om op te staan teen rasgebasserde, diskrimenerende wetgewing, onteining sonder vergoeding en die totale aanslag teen die Afrikaner as minderheidsgroep.