WOONGEBIEDE

Kleinfonteiners kan kies om hulle te vestig in of die nedersetting, of die wildpark of op die hoewes. Kies een van die opsies vir meer inligting:

NEDERSETTING

Die nedersetting is geleë op die eskarpement in die Magaliesberg reeks met vergesigte oor die Bronberge
Lees meer

WILDPARK

Die wildpark lê suid en oos van die nedersetting en strek oor 150 ha.
Lees meer

TANDEM HOEWES

Hierdie hoewes lê net suid van die Rhenoster-fonteinpad en beslaan elk ongeveer  1 ha.
Lees meer

PIONIERS HOEWES

Dit is die eerste hoewes wat uitgelê is en is net suid van die Tandem hoewes geleë.
Lees meer

KLEINFONTEIN PLATORAND


Lees meer

HOUTHUIS PARK


Lees meer

GOUE GERF


Lees meer

BERGAKKER


Lees meer

Kliek hier vir 'n area kaart

WAG-'n-BIETJIE

 


Wag – ‘n- Bietjie..droom plek. As aftreetyd op hande is moet jy mooi kies waar jy wil woon. As jy Wag - ‘n - Bietjie kies , kies jy ‘n plaas , want dit is wat Kleinfontein is . Hierdie Hoëveldse lug en son lok jou na buite. Vroeg soggens roep die tarentale en kiewiete jou , en soms verraai hul spore dat die bokkies in die nag by jou spuitfonteintjie ‘n draai gemaak het. Die helder sterrenagte en witgerypte winter oggende bring ‘n stilte in jou binneste. Die oord bestaan huidig uit drie- en- dertig ruim gesellige wooneenhede .

Almal is met alarmknoppies verbind met die aangrensende Sorgsentrum vanwaar hulp , asook kliniekdienste beskikbaar is. ’n Kamer word spesiaal vir inwoners oopgehou vir nasorg na ‘n operasie . Middagete kan teen ‘n billike tarief by die Sorgsentrum geniet word, of na die die woonstelle gebring word. Die oord het enkele rolstoele , looprame , krukke en ander hulpmiddels wat aan inwoners geleen word. Daar is ook benewens die sentrale biblioteek , ‘n huis biblioteek wat tot die inwoners se beskikking is , by een van die wooneenhede . Elke eenheid het ‘n tuintjie wat instand gehou moet word . Die inwoners vind die gewerskaf in ‘n eie tuintjie uiters bevredigend.

Afrikaner huis en tuinhulpe is beskikbaar. Hier is ‘n wassery ‘n winkel, tuisnywerheid met restourant ,bank en bank outomaat op Kleinfontein. Mediese dokters , ‘n apteek poskantoor ens. is naby geleë. Elke tweede Woensdag van die maand kom die inwoners bymekaar vir ‘n gesellige kuiertee . Wag - ‘n - Bietjie is ‘n omgee plek. Ons reik uit na mekaar. Elkeen van ons loop met ‘n liggaam wat die letsels van die jare dra. Of die artritis jou krom trek , of as jy nie meer so goed hoor nie , of jou waterwerke nie meer na wense is nie, of die onthou jou skielik in die steek laat , nie een ontkom aan die verwering van die tyd nie. Daarom het ons deernis vir mekaar.