cheap nfl jerseys outlet cheap jerseys from china real cheap jordans cheap jerseys for sale cheap jerseys wholesale nfl jerseys
WOONGEBIEDE

Kleinfonteiners kan kies om hulle te vestig in of die nedersetting, of die wildpark of op die hoewes. Kies een van die opsies vir meer inligting:

NEDERSETTING

Die nedersetting is geleë op die eskarpement in die Magaliesberg reeks met vergesigte oor die Bronberge
Lees meer

WILDPARK

Die wildpark lê suid en oos van die nedersetting en strek oor 150 ha.
Lees meer

TANDEM HOEWES

Hierdie hoewes lê net suid van die Rhenoster-fonteinpad en beslaan elk ongeveer 1 ha.
Lees meer

PIONIERS HOEWES

Dit is die eerste hoewes wat uitgelê is en is net suid van die Tandem hoewes geleë.
Lees meer

KLEINFONTEIN PLATORAND


Lees meer

HOUTHUIS PARK


Lees meer

GOUE GERF


Lees meer

BERGAKKER


Lees meer

Kliek hier vir 'n area kaart

DIE NEDERSETTING

Die nedersetting is geleë op die eskarpement in die Magaliesberg reeks met vergesigte oor die Bronberge.

350 erwe is op die nedersetting uitgesit waarvan 300 erwe reeds bebou is. Elke beboude erf word bedien met `n water aansluiting en `n elektriese aansluiting.

Binne die nedersettingsgebied kom verskeie ontwikkelings voor

Die uitsigerwe op die eskarpement wat direk uitkyk oor die wildpark en die Bronberge is feitlik almal beboud en het elk `n oppervlakte van ongeveer 750 vk m. In die algemeen wissel erwe in die nedersetting tussen 600 vk m en 1000 vk m. Spesifieke ontwikkelings soos die Houthuispark, waar slegs mooi houthuise opgerig is, is gelee op erwe van tussen 300 vk m en 500 vk m. In die Dagbreek woonwapark is voorsiening gemaak vir `n aantal ekonomiese erwe van 200 vk m vir een of twee slaapkamer huise. Inligting oor aftree-oorde, meenthuiskomplekse en die sorgsentrum verskyn elders. Die kern van Kleinfontein is gelee binne die nedersetting gebied en bestaan uit `n gemeenskapssaal, `n winkelkompleks, `n biblioteek, die skool, sportvelde en swembad.