Kleinfontein Akademie

Soek

Ons Skool
Volkseie Afrikaanse onderrig
CVO Skouspel
Kuns, kultuur, musiek en dans
Indrukwekkend
'n Aand met iets vir elkeen
Kleinfontein Akademie
Waar kinders nog kinders is

Kleinfontein akademie 600

Kleinfontein Akademie  is ‘n Christelike Volkseie onderrig skool. Ons bestaan al bykans vir 21 jaar onafhanklik, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die lig van al die uitdagings wat deur veranderde omstandighede geskep word.

Die skooltjie is geleë in die hartjie van die Kleinfontein Nedersetting en kyk uit oor die vleiland van die Wildpark. Watter skool is nog so bevoorreg om by hul klaskamervenster te kan uitkyk en die rooihartbeeste, blesbokke en sebras daar doer in die veld te sien loop?

 

Die Onderwysers

By die Kleinfontein Akademie handhaaf ons ‘n hoë akademiese standard en daar is streng dissipline vanaf die Kleuters tot en met die Graad 7’s (Std. 5). Die Kleuterklas begin vanaf die ouderdom 3 jaar tot voorskool. Graad 0 word ook aangebied. Ons klasse vanaf Graad 1 tot en met Graad 7 is klein en daarvandaan die maksimum individuele aandag aan elke leerling. Kleinfontein Akademie bied leerprogramme vanaf BCVO aan. Dit behels Bybelgegronde leerplanne met ‘n baie hoë standard.

 

Kleinfontein Akademie Naskool

Kleinfontein Akademie beskik oor ‘n naskool by die skool self onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde onderwyseres wat ook gedurende hierdie tyd die nodige aandag aan die leerling/ge se naskool werk verleen.

 

Sport

Kleinfontein Akademie bied atletiek in die 1ste kwartaal aan waar die huissport plaaslik gehou word en daarna die atletiek byeenkomste teen ander CVO skole . Deur die verloop van die jaar kry leerlinge ook die nodige oefening om fiks te bly vir die volgende atletiek seisoen.
Atletiek, Rugby, Netbal, landloop, skaak en Redenaars word aangebied.

Kostes

Kostes per kind: R1000 per maand
Kostes vir naskool: R500 per maand.

Donasies en fondsinsamelings

Talle van Kleinfontein Akademie se kinders kan nie skoolfonds bekostig nie en moet derhalwe geborg word om te kan skoolgaan.

As geregistreerde skool kan Kleinfontein Akademie Donasies ontvang en ook artikel 18a sertifikate uitreik.

Donasies kan direk in ons rekening gemaak word of elektronies deur ons fondsinsamelingsvenoot Vriende van Kleinfontein.

Klik hier om Kleinfontein Akademie te ondersteun en 'n veilige donasie via u kredietkaart te maak.