Kommunikasie komitee

Soek

Funksionele Afbakening.

Dié Komitee is belas met die bestuur van alle interne en eksterne kommunikasie nms KA.

Opdrag en take.

  • Die bestuur van alle interne en eksterne kommunikasie namens KA.
  • Die bestuur van die Leivoor, Toepnuus en die Blitsnuus, as die amptelike kommuni-kasiemedia van KA.
  • Die onderhoud en bestuur van KA se amptelike webwerwe.
  • Die tydige verspreiding van korrekte en gebalanseerde inligting aangaande KA.
  • Die teenwerking van enige fopnuus wat die beeld en werksaamhede van KA kan skaad en ondermyn.
  • Die maak van aanbevelings ten opsigte van KA se kommunikasiebeleid.

Daarstelling van die Kommunikasiekomitee.

Die Komitee is reeds op 20 Mei 2019 deur die Direksie saamgestel en in die lewe geroep.

  • Die Algemene Bestuurder (Sameroeper/Voorsitter): Marietjie Nell

           Lede: Dannie de Beer, Ben Kieser, 'Alet Erasmus, Carel Breytenbach, Irene            Groenewald

---o0o---

Marietjie Nel  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.