Tuis

Soek

./images/banners/arbeid.jpg

20180310 163029 Medium Medium
Die gewilde boskroeg Boskombuis het die afgelope naweek Kleinfontein die stryd aangese op die Krieketveld. Die byeenkoms is goed bygewoon en die sanger Werner het tussendeur musiek gemaak.
Die vriendskaplike byeenkoms was nie net pret nie maar het ook gedien as 'n fondsinsamelingsprojek vir Kleinfontein bestuur deur die organisasie Vriende Van Kleinfontein. Bykans R2000  is by die dag bymekaargemaak wat aangewend gaan word om Kleinfontein se eerste tennisbaan te vestig.


Elke span het 20 balbeurte ontvang en die moeilike taak van skeidsregter is vervul deur Mnr Bennie Geldenhuys en Christaan van der Merwe. Laasgenoemde is 'n goeie vriend van Kleinfontein en het van Orania gereis om aan die geleentheid deel te neem.
rc200 Medium