Nuus
VAKATURE : DEBITEURE/INVORDERINGSKLERK
Bogenoemde vakature het ontstaan by Kleinfontein Aandeleblok (Edms) Bpk (KA), Uit en Tuis Sentrum, Kleinfontein
Belangstellendes wat hulle met die Visie en Missie van Kleinfontein vereenselwig en dit onderskryf, word uitgenooi om hulle CV en ‘n voltooide “Aansoek om Betrekking” (vorm beskikbaar by KA kantoor) tesame met al die nodige ondersteunende dokumentasie aan die Algemene Bestuurder te voorsien, deur die dokumentasie per hand by KA Kantoor in te dien of elektronies te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
VERBLYFREG AANSOEKE :
Die aansoek om verblyfreg in Kleinfontein is onlangs afgestof en die prosedure is nou as volg:
Stap1:
Klaring by die SAPD of Kleinfontein toetssentrum.(Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)
Stap2:
Handig u klaring met 'n kleurfoto van elke aansoeker en 'n kopie van u ID dokument in by die Toetssentrum in en voltooi u verblyfreg aansoekvorms volledig.
Stap3:
Na inhandiging van u verblyfreg vorms by die Toetssentrum moet u 'n afspraak maak om 'n orienteringssessie by te woon.
Stap4:
U sal binne 7 dae van die orienteringssessie genooi word vir 'n paneelonderhoud van ongeveer 15 minute.
Stap5:
U sal na afloop van die paneelonderhoud in kennis gestel word of u aansoek om verblyf goedgekeur is.
navrae: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die Kleinfontein Aandeleblokskema(EDMS) Bpk se algemene jaarvergadering vir 2020 vind plaas op 21 November 2020.
Relevante inligting sal so spoedig moontlik aan belanghebbendes versend word.
Ses Kleinfontieners het pas hul vlak 1 noodhulp kursusse geslaag. Beide
sekerheidspersoneel en personeel verbonde aan Kleinfontein se sorgsentrum
het opleiding ontvang.